Ou Testament

Nuwe Testament

Galasiërs 1:9-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. Ek herhaal: Vervloek is elkeen wat ’n ander boodskap verkondig as dié een wat julle ontvang het!

10. Hoe klink dit vir julle? Wil ek in mense se goeie boekies kom? Of wil ek God tevrede stel? Probeer ek mense gelukkig maak? As ek nog steeds mense gelukkig wil maak, is ek nie ’n dienskneg van Christus nie.

11. Ek verseker julle, broers en susters, die Goeie Nuus wat ek aan julle verkondig het, is nie deur mense uitgedink nie.

12. Ek het dit nie by ’n mens gehoor of geleer nie, maar deurdat God Jesus Christus aan my geopenbaar het.

13. Julle het mos gehoor hoe ek my vroeër, toe ek nog die Joodse godsdiens aangehang het, gedra het, dat ek God se kerk fanaties vervolg en verwoesting gesaai het.

14. In die uitlewing van die Joodse godsdiens het ek in my ouderdomsgroep bo baie van my volksgenote uitgestaan. Ek was besig om my uitermate te beywer vir die tradisies van my voorgeslagte.

15. Maar toe het God besluit – Hy wat my al voor my geboorte gekies het en my deur sy genade geroep het –

16. om sy Seun aan my bekend te maak. Dit het gebeur sodat ek Hom aan die nie-Joodse nasies kan verkondig. Ek het nie dadelik met mense gepraat nie.

17. Ek het ook nie Jerusalem toe gegaan na hulle wat reeds voor my apostels was nie. Nee, ek het Arabië toe gegaan en van daar af teruggekom Damaskus toe.

18. Eers drie jaar later is ek Jerusalem toe om Petrus te ontmoet. Ek het twee weke by hom gebly,

19. maar van die ander apostels het ek niemand gesien nie behalwe Jakobus, die broer van die Here.

20. Kyk, God is my getuie dat die dinge wat ek vir julle skryf nie leuens is nie.

21. Daarna het ek na die gebied van Sirië en Silisië toe gegaan.

Lees volledige hoofstuk Galasiërs 1