Ou Testament

Nuwe Testament

Filemon 1:3-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. Mag die genade en die vrede van God ons Vader en die Here Jesus Christus met julle wees.

4. Filemon, ek dank my God altyd wanneer ek in gebed aan jou dink,

5. want ek hoor van jou liefde vir al God se mense en van jou getrouheid aan die Here Jesus Christus.

6. Ek bid dat die geloof wat ons met mekaar deel, jou ’n diep insig sal gee in al die goeie dinge wat ons vir Christus kan doen.

7. Broer, jou liefde het my bly gemaak en my bemoedig, omdat jy die harte van God se mense so dikwels verkwik het.

Lees volledige hoofstuk Filemon 1