Ou Testament

Nuwe Testament

Filemon 1:19-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

19. Ek, Paulus, skryf hier met my eie hand: “Ek sal betaal.” Ek hoef nie te noem dat jy my eintlik jou lewe skuld nie!

20. Asseblief, broer, bewys aan my hierdie guns omdat ons aan die Here verbonde is. Verkwik my hart omdat jy ’n Christen is.

21. Ek skryf aan jou in die vertroue dat jy sal doen wat ek vra. Ek weet dat jy selfs méér as dit sal doen.

22. Terwyl ek nou vra, reël asseblief vir my verblyf, want ek hoop om danksy julle gebede vrygelaat te word.

23. Epafras, wat saam met my ’n gevangene ter wille van Christus Jesus is, stuur vir julle groete.

24. Ook Markus, Aristargus, Demas en Lukas, my medewerkers, stuur groete.

25. Mag die Here Jesus Christus se genade julle geestelik versterk!

Lees volledige hoofstuk Filemon 1