Ou Testament

Nuwe Testament

Filemon 1:14-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

14. Ek wou egter eers met jou daaroor praat sodat die goeie dinge wat jy doen, nie afgedwing word nie, maar vrywillig kan wees.

15. Dalk móés Onesimus ’n rukkie van jou af weg wees sodat jy hom vir ewig kan terugkry,

16. nie langer as ’n slaaf nie, nee, méér as ’n slaaf, as ’n geliefde broer! Dis wat hy veral vir my beteken; hoeveel te meer sal hy as mens én as Christen, dit nie vir jou beteken nie!

17. Aangesien jy my dan as vennoot beskou, verwelkom hom soos jy my sou verwelkom.

18. As hy jou enige skade aangedoen het, of jou iets skuld, sit dit op my rekening.

19. Ek, Paulus, skryf hier met my eie hand: “Ek sal betaal.” Ek hoef nie te noem dat jy my eintlik jou lewe skuld nie!

20. Asseblief, broer, bewys aan my hierdie guns omdat ons aan die Here verbonde is. Verkwik my hart omdat jy ’n Christen is.

21. Ek skryf aan jou in die vertroue dat jy sal doen wat ek vra. Ek weet dat jy selfs méér as dit sal doen.

22. Terwyl ek nou vra, reël asseblief vir my verblyf, want ek hoop om danksy julle gebede vrygelaat te word.

23. Epafras, wat saam met my ’n gevangene ter wille van Christus Jesus is, stuur vir julle groete.

Lees volledige hoofstuk Filemon 1