Ou Testament

Nuwe Testament

Efesiërs 2:16-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

16. Ja, deur sy dood aan die kruis het Hy die vyandskap beëindig. Só het Hy albei groepe in een liggaam met God versoen.

17. Hy het vrede kom verkondig vir hulle wat ver is, én vir hulle wat naby is.

18. Dit is aan Hom te danke dat albei van ons deur een Gees toegang tot die Vader het.

19. Julle is dus nie meer uitlanders en bywoners nie, maar medeburgers van hulle wat aan God behoort. Ja, julle is lede van God se huisgesin

20. wat gebou is op die fondament wat die apostels en die profete gelê het. Christus Jesus is self die hoekklip

21. op wie die hele gebou, terwyl dit kunstig inmekaargepas word, verrys tot ’n tempel wat aan die Here toegewy is.

22. Deur julle verhouding met Hom word ook julle saam opgebou tot ’n gebou waarin God deur sy Gees woon.

Lees volledige hoofstuk Efesiërs 2