Ou Testament

Nuwe Testament

2 Timoteus 2:1-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Timoteus, my kind, staan sterk in die genade wat God deur Christus Jesus aan jou bewys het.

2. Vertrou die waarhede wat jy voor baie getuies van my gehoor het, toe aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.

3. Verduur saam met my lyding soos ’n goeie soldaat van Christus Jesus.

4. Geen soldaat raak verstrengeld in die beslommernisse van hierdie lewe nie, want dan kan hy die Een wat hom vir sy leër gewerf het, nie tevrede stel nie.

5. ’n Atleet word nie gekroon as hy nie volgens die reëls deelneem nie.

6. Hardwerkende boere is die eerste wat die vrug van hulle arbeid geniet.

7. Dink na oor wat ek sê. Die Here sal jou help om al hierdie dinge beter te begryp.

Lees volledige hoofstuk 2 Timoteus 2