Ou Testament

Nuwe Testament

2 Timoteus 1:14-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

14. Bewaar met die hulp van die Heilige Gees wat in ons woon, die kosbare skat wat aan jou toevertrou is.

15. Soos jy weet, het al die Christene wat uit die provinsie Asië hier aangekom het, my in die steek gelaat – selfs Figelus en Hermogenes is weg.

16. Mag die Here ontferming aan Onesiforus en sy hele huishouding bewys, want hulle het my dikwels besoek en bemoedig. Hy was nooit skaam omdat ek in die tronk is nie.

17. Toe hy na Rome toe gekom het, het hy oral gesoek totdat hy my gekry het.

18. Mag die Here aan hom ontferming bewys op die dag van Christus se wederkoms. En jy weet hoe baie hy my in Efese gehelp het.

Lees volledige hoofstuk 2 Timoteus 1