hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13

Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korintiërs 6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. As julle medewerkers smeek ons julle om toe te sien dat julle die genade van God nie tevergeefs ontvang het nie.

2. Want Hy sê:“Op die regte tydhet Ek jou verhoor,en op die dag van verlossinghet Ek jou gehelp.”Inderdaad – dit is nóú die regte tyd; dit is nóú die dag van verlossing.

Die krag van God maak Paulus

sterk

3. Ons gee niemand enige aanstoot nie, met die bedoeling dat ons bediening nie geblameer moet word nie.

4. In elke opsig laat ons ons ken as diensknegte van God deur aanhoudend te volhard: in swaarkry, in nood, in benoudheid.

5. Onder katshoue, in tronke, in oproere, in uitputtende arbeid, in slapelose nagte, in hongersnood

6. het ons opgetree met integriteit, met begrip, met verdraagsaamheid en vriendelikheid, deur betoning van die teenwoordigheid van die Heilige Gees, deur opregte liefde,

7. deur die boodskap van die waarheid en in die krag van God. Ons tree op met die wapens van geregtigheid in ons regter- en linkerhand,

8. in eer en oneer, in veragting en aanprysing; soos verleiers, en tog is ons opreg;

9. soos onbekendes, en tog is ons goed bekend; soos mense wat sterwend is, en kyk, ons lewe; as gegéseldes, en tog is ons nie doodgemaak nie;

10. as bedroefdes, en tog is ons altyd blymoedig; soos bedelaars, maar ons verryk baie mense; soos mense wat niks besit nie, en tog besit ons alles.

11. Ons het ons monde tot julle voordeel oopgemaak, Korintiërs; ons harte is regtig oop vir julle.

12. Ons het nie teenoor julle voorbehoude gehad nie, maar julle het wel in julle binneste voorbehoude teenoor ons gehad.

13. Ek praat soos met kinders: Wil julle nie nou ook vir ons “terugbetaal” deur julle harte vir ons wyd oop te maak nie?

Die gelowiges is die tempel van

die lewende God

14. Moenie saamspan met ongelowiges nie, want watter vennootskap kan daar wees tussen reg en onreg? Of watter gemeenskap kan daar wees tussen lig en duisternis?

15. Watter ooreenkoms kan daar wees tussen Christus en Belial? Of watter gemeenskaplikheid kan daar wees tussen ’n gelowige en ’n ongelowige?

16. Watter ooreenkoms het die tempel van God met afgode? Ons is mos die tempel van die lewende God. Dit is soos God gesê het:“Ek sal onder hulle woonen rondbeweeg,en Ek sal hulle God weesen hulle sal my volk wees.”

17. Daarom: “Gaan van hulle af wegen hou julle eenkant, sê die Here,en moenie vat aan wat onrein is nie;dan sal Ek julle ontvang.”

18. En ook: “Ek sal vir julle’n Vader wees,en julle sal vir My seuns en dogters wees,sê die Here die Almagtige.”