Ou Testament

Nuwe Testament

2 Johannes 1:7-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. Baie verleiers het die wêreld binnegedring. Hulle hou aan ontken dat Jesus Christus ’n ware mens van vleis en bloed geword het. So ’n persoon is die verleier en die antichris.

8. Wees op die uitkyk vir sulke mense sodat ons nie sal verloor waarvoor ons baie hard gewerk het nie, maar eerder die volle beloning sal ontvang.

9. Elkeen wat die leer aangaande Christus verander, het nie deel aan God nie. Wie in ’n hegte verbintenis met dié leer leef, het deel aan die Vader en die Seun.

10. As iemand na julle toe kom en nie hierdie leer met hom saambring nie, moet julle hom nie aan huis ontvang nie en julle moet hom nie eers groet nie.

11. Elkeen wat hom groet, vereenselwig hom met daardie persoon se bose optrede.

12. Ek het nog baie dinge om aan julle te skryf, maar ek wil dit nie met papier en ink doen nie, omdat ek hoop om by julle uit te kom en van aangesig tot aangesig met julle te praat, sodat ons ten volle gelukkig kan wees.

Lees volledige hoofstuk 2 Johannes 1