Ou Testament

Nuwe Testament

2 Johannes 1:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Dié brief kom van die ouderling en word gerig aan die vrou wat uitgekies is; dit gaan ook aan haar kinders wat ek werklik liefhet – nie net ek nie, maar ook almal wat ’n persoonlike belewenis van die waarheid het.

2. Dié waarheid het in ons stewig inslag gevind en sal vir altyd by ons wees.

3. Mag die genade, ontferming en vrede wat van God die Vader af kom, en van sy Seun, Jesus Christus, met ons wees – ons wat in ’n hegte verbintenis met die waarheid en die liefde leef.

4. Ek was baie bly toe ek van jou kinders raakgeloop het wat in ’n hegte verbintenis met die waarheid leef volgens die opdrag wat ons van die Vader ontvang het.

5. En nou dring ek daarop aan, geagte Vrou, dat ons moet aanhou om mekaar lief te hê. Dit is nie asof ek ’n nuwe opdrag aan julle voorhou nie, maar ’n oue wat ons van die heel begin af het.

Lees volledige hoofstuk 2 Johannes 1