Ou Testament

Nuwe Testament

1 Petrus 4:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Omdat Christus dan liggaamlik gely het, moet julle julleself met dieselfde gedagte bewapen, en self bereid wees om liggaamlik te ly. As julle bereid is om liggaamlik te ly, het julle met die sonde afgereken.

2. Sodat julle, so lank as wat julle nog ’n aardse liggaam het, nie meer aan julle natuurlike neigings vrye teuels gee nie, maar sal leef soos God dit wil hê.

3. In die verlede het julle lank genoeg soos nie-Christene geleef. Julle het vrye teuels gegee aan losbandigheid en natuurlike neigings, julle het wilde en uitspattige dronkpartytjies gehou en afskuwelike afgodery bedryf.

Lees volledige hoofstuk 1 Petrus 4