Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korintiërs 11:24-34 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

24. en nadat Hy God gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: “Dit is my liggaam, dit is vir júlle. Gebruik dit ter herinnering aan My.”

25. Net so het Hy die wynbeker ná die maaltyd geneem en gesê: “Hierdie beker is die nuwe verbond wat verseël is deur my bloed. Gebruik dit, elke keer as julle daaruit drink, ter herinnering aan My.”

26. Want elke keer as julle hierdie brood eet en uit hierdie beker drink, verkondig julle die Here se dood totdat Hy terugkom.

27. As enigiemand dan op ’n onwaardige manier van die brood eet of uit die beker van die Here drink, sal daardie persoon skuldig wees aan sonde teen die liggaam en die bloed van die Here.

28. Dit is waarom julle julleself moet ondersoek voordat julle van die brood eet en uit die beker drink.

29. Want as julle van die brood eet en uit die beker drink, eet en drink julle ’n oordeel oor julleself as julle nie die nodige respek teenoor Christus se liggaam betoon nie.

30. Dit is waarom daar baie swakkes en siekes onder julle is, en heelwat onder julle reeds oorlede is.

31. As ons onsself egter vooraf ondersoek, sal ons nie onder God se oordeel kom nie.

32. Maar selfs as ons God se oordeel en dissipline moet verduur, sal ons nie saam met die wêreld veroordeel word nie.

33. Daarom, my broers en susters, as julle vir die maaltyd van die Here bymekaarkom, wag vir mekaar.

34. As julle werklik honger is, eet liewer vooraf by die huis sodat julle nie ’n oordeel oor julleself bring wanneer julle bymekaarkom nie. Die ander kwessies sal ek hanteer wanneer ek by julle aankom.

Lees volledige hoofstuk 1 Korintiërs 11