Ou Testament

Nuwe Testament

Z'kharyah 9:8-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Ek sal ’n versorger aanstel oor my huis as gevolg van hom wat verbykom, as gevolg van hom wat weer terugkom en geen onderdrukker sal meer oor hulle kom nie, want nou het Ek met My eie oë gesien.Mat 21:5 op ’n jong donkie, die vul van ’n donkie.Yog 12:15

9. Swaai in die rondte van vreugde, oorvloediglik, o dogter van Tziyon! Skreeu dit uit, o dogter van Yerushalayim! Let op, jou Koning kom na jou toe; Hy is regverdig en toegerus met verlossing, nederig en ry op ’n donkie,

10. Ek sal die strydwa vanaf Efrayim en die perd vanaf Yerushalayim afsny en die gevegsboog sal vernietig word. Hy sal vrede tot die nasies praat en Sy heerskappy sal wees van see tot see en vanaf die Rivier (Eufraat) tot aan die eindes van die aarde.

11. Ook wat jou betref, as gevolg van die bloed van die verbond met jou, het Ek jou gevangenes bevry vanuit die waterlose put.

12. Keer terug na die vesting, gevangenes wat die versekerde verwagting het; Ek verklaar op hierdie dag dat Ek dubbel aan jou sal herstel,

13. want Ek sal Y’hudah buig as My boog, die boog vul met Efrayim en Ek sal jou seuns, o Tziyon, opwek teen jou seuns, o Yavan en Ek sal jou maak soos ’n vegter se swaard,

14. dan sal יהוה oor hulle verskyn en Sy pyl sal soos weerlig uitskiet en יהוה-God sal met die ramshoring blaas en in die stormwinde van die suide marsjeer.

15. יהוה-Tzva’ot sal hulle verdedig en hulle sal die slingerklippe verslind en vertrap; hulle sal drink en luidrugtig wees asof deur wyn en hulle sal vol wees soos die offerkomme, soos die hoeke van die altaar.Open 7:4

16. יהוה, hulle God, sal hulle op daardie dag red as die kudde van Sy volk, want hulle is afgesonderde gesteentes wat op Sy land gestrooi is.

17. Hoe goed en uitnemend is koring vir die jongmanne en nuwe wyn maak die maagde vrolik.

Lees volledige hoofstuk Z'kharyah 9