Ou Testament

Nuwe Testament

Z'kharyah 9:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die las van die boodskap van יהוה is teen die land van Hadrakh, met Dammesek as sy rusplek, want die oog van die mens, veral al die stamme van Yisra’el, is op יהוה gerig,

2. asook Hamat wat daaraan grens. Tzor en Tzidon, alhoewel hulle baie slim is,

3. want Tzor het vir haarself ’n vesting gebou en silwer opgehoop soos stof en goud soos die vuilgoed van die strate,

4. let op, יהוה sal haar onteien en haar rykdom in die see gooi en sy sal deur vuur verteer word.

5. Ashkelon sal dit sien en vrees; ook `Azah sal wriemel in groot pyn; ook `Ekron, want haar verwagtinge is verydel; meer nog, die koning sal sterf vanuit `Azah en in Ashkelon sal nie gewoon word nie.

Lees volledige hoofstuk Z'kharyah 9