Ou Testament

Nuwe Testament

Z'kharyah 8:16-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. Hierdie is die dinge wat julle moet doen: praat die waarheid met mekaar;

17. Laat niemand van julle ook boosheid beplan in sy verstand, wil en emosie teen ’n ander nie en moenie lief wees om ’n vals eed af te lê nie, want dit is alles wat Ek haat,’ verklaar יהוה.”

18. Toe het die boodskap van יהוה-Tzva’ot tot my gekom en gesê:

19. “So sê יהוה-Tzva’ot: ‘Die vas van die vierde, die vas van die vyfde, die vas van die sewende en die vas van die tiende maand sal vir die huis van Y’hudah ’n vreugde, ’n blydskap en vrolike feeste wees; wees daarom lief vir waarheid en vrede.’

20. So sê יהוה-Tzva’ot: ‘Volke sal kom, die inwoners van baie stede.

21. Die inwoners van een sal gaan na ’n ander en sê: “Laat ons dadelik gaan om die onverdiende guns van יהוה te vra en om יהוה-Tzva’ot te soek; ek sal ook gaan!”

22. So sal baie volke en magtige nasies kom om יהוה-Tzva’ot in Yerushalayim te soek en om die onverdiende guns van יהוה af te smeek.’

23. So sê יהוה-Tzva’ot: ‘In daardie dae sal tien man vanuit al die nasies die kleed van ’n man van Y’hudah vasgryp en sê: “Laat ons saam met julle gaan, want ons het gehoor dat God by julle is.”’”

Lees volledige hoofstuk Z'kharyah 8