Ou Testament

Nuwe Testament

Z'kharyah 8:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het die boodskap van יהוה-Tzva’ot gekom en gesê:

2. “So sê יהוה-Tzva’ot: ‘Ek is uitermate jaloers oor Tziyon, ja, met ’n groot toorn is Ek jaloers oor haar.’Yeg 48:35

3. So sê יהוה: ‘Ek sal terugkeer na Tziyon en sal midde-in Yerushalayim bly. Dan sal Yerushalayim genoem word: Die stad van Waarheid en die berg van יהוה-Tzva’ot: Die Afgesonderde Berg.’

4. So sê יהוה-Tzva’ot: “Ou manne en ou vroue sal weer in die strate van Yerushalayim sit, elke man met sy staf in sy hand as gevolg van ouderdom.

5. Die strate van die stad sal vol wees met seuns en dogters wat in die strate speel.’

6. So sê יהוה-Tzva’ot: ‘As dit te moeilik is in die oë van die wat van hierdie volk oorgebly het in daardie dae, sal dit ook te moeilik wees in My oë?’ verklaar יהוהTzva’ot.

7. So sê יהוה-Tzva’ot: ‘Let op, Ek gaan My volk verlos uit die land van die ooste en uit die land van die weste

8. en hulle bring en hulle sal midde-in Yerushalayim bly en hulle sal My volk wees en Ék sal hulle God wees, in waarheid en onpartydige opregtheid.”

9. So sê יהוה-Tzva’ot: ‘Laat julle hande onveranderlik sterk wees, julle wat in hierdie dae na die boodskappe uit die mond van die profete luister op die dag toe die fondasie van die huis van יהוה-Tzva’ot gelê is sodat die tempel gebou kon word,

Lees volledige hoofstuk Z'kharyah 8