Ou Testament

Nuwe Testament

Z'kharyah 7:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. In die vierde jaar van koning Daryavesh het die boodskap van יהוה tot Z’kharyah gekom, op die vierde dag van die negende maand, Kislev.

2. Beit-El het vir Sar’etzer en Regem-Melekh met hulle manne gestuur om die guns van יהוה te soek,

3. deur met die priesters wat behoort aan die huis van יהוה-Tzva’ot en met die profete te praat en te sê: “Moet ek in die vyfde maand huil en vas soos wat ek hierdie baie jare gedoen het?”

4. Toe het die boodskap van יהוה-Tzva’ot tot my gekom en gesê:

5. “Sê vir al die mense van die land en vir die priesters: ‘Wanneer julle hierdie sewentig jaar lank in die vyfde en in die sewende maand gevas en getreur het, was dit werklik vir My dat julle gevas het?

6. Wanneer julle eet en drink, eet julle nie vir julleself en drink julle nie vir julleself nie?

Lees volledige hoofstuk Z'kharyah 7