Ou Testament

Nuwe Testament

Z'kharyah 6:9-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Die boodskap van יהוה het ook tot my gekom en gesê:

10. “Ontvang van die ballinge, van Heldai, Toviyah en Y’da’yah en gaan dieselfde dag die huis van Yoshiyah, die seun van Tz’fanyah, waar hulle vanaf Bavel aangekom het, in.

11. Vat silwer en goud, maak ’n kroon en sit dit op die kop van Y’hoshua, die seun van Y’hotzadak, die hoofpriester.

12. Sê dan vir hom: ‘So sê יהוה-Tzva’ot: “Let op, daar kom ’n Man wie se Naam Spruit is, want Hy sal uitspruit van waar Hy is en Hy sal die tempel van יהוה bou.

13. Ja, dit is Hy wat die tempel van יהוה sal bou en Hy sal die eer dra en sit en heers op Sy troon. So sal Hy ’n Priester wees op Sy troon en die raad van vrede sal tussen die twee instellings wees.’”

14. Nou sal die kroon ’n herinnering word in die tempel van יהוה vir Heldai, Toviyah, Y’da’yah en Hen die seun van Tz’fanyah.

15. Die wat ver is, sal kom en die tempel van יהוה bou.” Dan sal julle weet dat יהוהTzva’ot my na julle toe gestuur het en dit sal gebeur as julle יהוה, julle God, volledig gehoorsaam.

Lees volledige hoofstuk Z'kharyah 6