Ou Testament

Nuwe Testament

Z'kharyah 6:3-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. by die derde strydwa wit perde en by die vierde strydwa sterk bont perde.

4. Toe het ek gepraat en vir die boodskapper wat met my gepraat het, gesê: “Wat is hierdie, my meester?”

5. Die boodskapper het my geantwoord: “ Hierdie is die vier geeste van die hemel wat uitgaan nadat hulle voor die Meester van die hele aarde gestaan het,

6. met een, wat die swart perde trek, wat gaan na die land van die noorde en die wittes gaan uit agter hulle aan terwyl die bontes na die land van die suide gaan

7. en die rooies het uitgegaan en was ywerig om te gaan om die aarde te patrolleer.” Hy het gesê: “Gaan, patrolleer die aarde!” Hulle het die aarde patrolleer.

8. Toe het Hy na my geroep en vir my dit gesê: “Kyk, die wat na die land van die noorde gaan, het My toorn gekalmeer in die land van die noorde.”

9. Die boodskap van יהוה het ook tot my gekom en gesê:

10. “Ontvang van die ballinge, van Heldai, Toviyah en Y’da’yah en gaan dieselfde dag die huis van Yoshiyah, die seun van Tz’fanyah, waar hulle vanaf Bavel aangekom het, in.

11. Vat silwer en goud, maak ’n kroon en sit dit op die kop van Y’hoshua, die seun van Y’hotzadak, die hoofpriester.

Lees volledige hoofstuk Z'kharyah 6