Ou Testament

Nuwe Testament

Z'kharyah 3:5-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Toe het ek gesê: “Laat hulle ’n skoon tulband op sy kop sit.” Hulle het ’n skoon tulband op sy kop gesit en vir hom goeie klere aangetrek terwyl die boodskapper van יהוה by hulle gestaan het.

6. Die boodskapper van יהוה het Y’hoshua gewaarsku en gesê:

7. “So sê יהוה-Tzva’ot: ‘As jy in My lewenswyses sal loop en as jy My diens sal verrig, dan sal jy ook My huis bestuur en ook My howe beheer en Ek sal vir jou vrye toegang gee onder hulle wat hier staan.

8. Luister en hoor nou, Y’hoshua, die hoofpriester, jy en jou vriende wat voor jou sit; inderdaad is hulle manne wat ’n teken is, want let op, Ek gaan My Dienskneg, die Spruit, inbring,

Lees volledige hoofstuk Z'kharyah 3