Ou Testament

Nuwe Testament

Z'kharyah 14:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Let op, ’n dag kom vir יהוה wanneer die buit wat van jou gevat is, tussen julle verdeel word,

2. want Ek sal al die nasies versamel om te veg teen Yerushalayim en die stad sal oorgeneem en die huise geplunder en die vroue onteer word en die helfte van die stad sal uitgaan in ballingskap, maar die res van die mense sal nie uit die stad uitgeroei word nie,

3. dan sal יהוה gaan en veg teen dié nasies soos wanneer Hy veg op die dag van die geveg.Hand 1:11

4. Op daardie dag sal Sy voete op die Olyfberg staan, wat voor Yerushalayim lê, aan die oostekant en die Olyfberg sal middeldeur geskeur word van oos na wes deur ’n baie groot vallei sodat die helfte van die berg na die noorde sal beweeg en die ander helfte na die suide.Open 19:14

5. Julle sal vlug deur die vallei van My berge, want die vallei van die berge sal loop tot by Atzel; ja, julle sal vlug net soos julle gevlug het voor die aardbewing in die dae van `Uziyah, koning van Y’hudah, dan sal יהוה, my God, kom en al die afgesonderdes saam met Hom!

6. In daardie dag sal daar geen lig wees nie, die sterre sal verflou,Open 22:5

7. want dit sal ’n unieke dag wees wat aan יהוה bekend is, geen dag of geen nag nie, maar dit sal gebeur dat daar teen die aand lig sal wees.

Lees volledige hoofstuk Z'kharyah 14