Ou Testament

Nuwe Testament

Z'kharyah 10:7-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Efrayim sal wees soos ’n magtige man en hulle verstand, wil en emosie sal vrolik wees asof deur wyn; inderdaad, hulle kinders sal dit sien en bly wees, hulle verstand, wil en emosie sal in die rondte swaai van vreugde in יהוה.

8. Ek sal vir hulle fluit om hulle bymekaar te maak, want Ek het hulle losgekoop en hulle sal net so talryk wees soos tevore.

9. Wanneer Ek hulle verstrooi tussen die volke, sal hulle My in ver lande onthou en hulle en hul kinders sal lewe en terugkom.

10. Ek sal hulle terugbring uit die land van Mitzrayim en hulle uit Ashur bymekaarmaak en Ek sal hulle in die land van Gil’ad en L’vanon inbring totdat geen plek vir hulle gevind kan word nie.

11. Hulle sal deur die see van bekommernis gaan en Hy sal die golwe in die see slaan sodat al die dieptes van die Nyl sal opdroog en die trotsheid van Ashur sal afgebring word en die septer van Mitzrayim sal weggaan.

12. Ek sal hulle sterk maak in יהוה en hulle sal in Sy Karakter en Outoriteit (Naam) loop,” verklaar יהוה.

Lees volledige hoofstuk Z'kharyah 10