Ou Testament

Nuwe Testament

Yonah 3:7-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Hy het ’n proklamasie uitgevaardig wat gesê het: “In Ninveh, in opdrag van die koning en sy edelmanne: geen mens of dier, bees of kleinvee mag aan iets proe nie, hulle mag nie eet of water drink nie,

8. maar beide mens en dier moet met sak klere bedek wees en laat die mense ernstig tot God roep sodat elkeen kan wegdraai van sy bose lewenswyse en van die geweld wat in sy hande is.

9. Wie weet of God mag terugdraai en onverdiende guns oor ons mag hê en Sy brandende woede van ons af verwyder sodat ons nie sal vergaan nie.”

10. God het hulle werke gesien dat hulle omgedraai het van hulle verkeerde lewenswyse en God het Sy woede van hulle af weggedraai en hulle nie vernietig nie.

Lees volledige hoofstuk Yonah 3