Ou Testament

Nuwe Testament

Yonah 3:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die woord van יהוה het vir die tweede maal tot Yonah gekom en gesê:

2. “Staan op, gaan na die groot stad Ninveh en verkondig daaraan die verklaring wat Ek gaan gee.”

3. Yonah het opgestaan en na Ninveh gegaan volgens die woord van יהוה. Ninveh was ’n uitermate groot stad, drie dae se loop.

4. Toe het Yonah begin om deur die stad te gaan, een dag se loop en hy het uitgeroep en gesê: “Nog veertig dae, dan word Ninveh omvergewerp.”

5. Toe het die manne van Ninveh God vertrou, ’n vas uitgeroep en sakklere aangetrek, van groot tot klein.

6. Toe die boodskap die koning van Ninveh bereik, het hy opgestaan van sy troon af, sy bokleed eenkant neergesit en homself met sakklere bedek en in die as gaan sit.

7. Hy het ’n proklamasie uitgevaardig wat gesê het: “In Ninveh, in opdrag van die koning en sy edelmanne: geen mens of dier, bees of kleinvee mag aan iets proe nie, hulle mag nie eet of water drink nie,

Lees volledige hoofstuk Yonah 3