Ou Testament

Nuwe Testament

Yonah 1:10-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Toe het die manne baie bang geword en sê vir hom: “Hoe kon jy dit doen?” Die manne het geweet dat hy van die Teenwoordigheid van יהוה af wegvlug, want hy het hulle vertel.

11. Hulle sê vir hom: “Wat moet ons aan jou doen sodat die see kalm sal word vir ons?” Want die see het hoe langer hoe onstuimiger geword.

12. Hy antwoord hulle: “Tel my op en gooi my in die see; dan sal die see vir julle kalm word, want ek weet dat om my ontwil hierdie groot storm oor julle gekom het.”

13. Nogtans het die manne geroei om terug te keer land toe, maar hulle kon nie omdat die see selfs onstuimiger teen hulle geword het.

14. Toe roep hulle uit tot יהוה en sê: “O, יהוה, ons bid ernstig, laat ons tog nie vergaan weens hierdie man se lewe nie en sit nie onskuldige bloed op ons nie, want U, יהוה, het gedoen volgens U welbehae.”

15. Hulle het Yonah opgetel, hom in die see gegooi en die see het sy onstuimigheid gestop.

16. Toe het die manne יהוה baie gevrees en ’n offer aan יהוה geoffer en geloftes gemaak.Mat 12:39,40; Mat 16:4

17. (2:1) יהוה het ’n groot vis aangestel om Yonah in te sluk en Yonah was vir drie dae en drie nagte in die maag van die vis.

Lees volledige hoofstuk Yonah 1