Ou Testament

Nuwe Testament

Yo'el 2:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Blaas ’n ramshoring in Tziyon en maak alarm op My afgesonderde berg! Laat al die inwoners van die land bewe, want die dag van יהוה kom, waarlik, dit is naby,Mat 24:21; Mar 13:19

2. ’n dag van duisternis en donkerheid, ’n dag van wolke en ’n dik donkerte; soos die oggendskemering, uitgesprei oor die berge, so is daar ’n groot en magtige volk, soos wat daar nog nooit was nie en vir baie geslagte se jare ook nie weer sal wees nie.

3. Voor hom uit verteer ’n vuur en agter hom brand ’n vlam; voor hom lyk die land soos die tuin van `Eden en agter hom is dit ’n verlate wildernis en hoegenaamd niks ontsnap van hom nie.

4. Hulle voorkoms is soos die voorkoms van perde en soos oorlogsperde, so hardloop hulle.

5. Soos die geluid van waens spring hulle op die bergtoppe, soos die geknetter van ’n vlam wat die kaf verteer, soos ’n magtige volk wat vir die geveg opgestel is.

6. Die volke is in angs voor hom; alle gesigte verbleek.

7. Hulle hardloop soos magtige manne, hulle klim die muur soos soldate en elkeen marsjeer in lyn en wyk nie af van hulle pad nie.

Lees volledige hoofstuk Yo'el 2