Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 7:4-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Moenie vertrou op misleidende woorde wat sê: ‘Hierdie is יהוה se tempel, יהוה se tempel, יהוה se tempel,’ nie,

5. want as julle waarlik jul lewenswyse en julle dade verander, as julle waarlik regverdige oordeel toepas tussen ’n man en sy naaste,

6. die vreemdeling, wees en weduwee nie onderdruk nie en geen onskuldige bloed in hierdie plek vergiet of agter ander gode aanloop tot julle eie vernietiging nie,

7. dan sal Ek julle laat bly in hierdie plek, in die land wat Ek aan julle vaders gegee het, vir ewig en ewig.

8. Let op, julle vertrou op misleidende woorde wat nie baat nie.

9. Sal julle steel, moor, owerspel pleeg, vals sweer, tot Ba’al offer en agter ander gode aan loop, wat julle nie geken het nie

10. en dan kom staan voor My Teenwoordigheid in hierdie huis, wat na My Naam (Karakter en Outoriteit) genoem word en sê: ‘Bevry ons?’ Tog doen julle al hierdie gruwels.Mat 21:13; Mar 11:17 Let op, Ek, Ek het dit gesien,” verklaar יהוה.

11. Het hierdie huis, wat volgens My Naam (Karakter en Outoriteit) genoem is, ’n grot van rowers in julle oë geword?

12. “Gaan egter nou na My plek wat in Shiloh was, waar Ek My Naam (Karakter en Outoriteit) vroeër laat bly het en kyk wat Ek daaraan gedoen het weens die boosheid van My volk Yisra’el.

13. Nou, omdat julle al hierdie dinge gedoen het,” verklaar יהוה, “en Ek met julle gepraat het, vroeg opgestaan en gepraat het, maar julle nie gehoor het nie en Ek julle geroep het, maar julle nie geantwoord het nie

14. sal Ek daarom aan die huis wat volgens My Naam (Karakter en Outoriteit) genoem is, waarin julle vertrou en aan die plek wat Ek aan julle en julle vaders gegee het, doen soos Ek aan Shiloh gedoen het.

15. Ek sal julle uit My sig uit weggooi soos Ek al julle broers, die hele geslag van Efrayim, uitgegooi het.

16. Wat jou betref, bid nie vir hierdie volk nie en lig geen uitroep of gebed op vir hulle nie en moenie by My intree nie, want Ek hoor jou nie.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 7