Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 7:18-31 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. Die seuns maak hout bymekaar, die vaders steek die vuur aan en die vroue knie deeg om koeke te maak vir die koningin van die hemel en gooi vir ander gode drankoffers uit om My uit te lok tot woede.

19. Dit is nie vir My wat hulle uittart nie,” verklaar יהוה. “Hulle tart hulleself tot hul eie skaamte.”

20. יהוה-God sê daarom: “Let op, My woede en My toorn sal uitgestort word op hierdie plek, op mens en dier en op die bome van die veld en op die vrug van die grond en dit sal brand en nie uitgeblus word nie.”

21. So sê יהוה-Tzva’ot, die God van Yisra’el: “Voeg julle brandoffers by julle offers en eet vleis,

22. want Ek het nie met julle vaders, op die dag dat Ek hulle uit die land van Mitzrayim uitgelei het, gepraat of bevel gegee in verband met brandoffers of offers nie,

23. maar dít is wat Ek hulle beveel en gesê het: ‘Gehoorsaam My stem en Ek sal julle God wees en julle sal My volk wees en julle moet loop in al die lewenswyses wat Ek julle beveel sodat dit met julle goed kan gaan.’

24. Tog het hulle nie gehoorsaam en hulle oor gedraai nie, maar in hulle eie planne en in die hardkoppigheid van hul bose verstand, wil en emosie geloop en het agteruitgegaan en nie vorentoe nie.

25. Sedert die dag dat julle vaders uit die land van Mitzrayim uit gekom het, tot vandag toe, het Ek al My knegte, die profete, na julle toe gestuur, daagliks, vroeg opgestaan en hulle gestuur.

26. Tog het hulle nie na My geluister of hulle oor gedraai nie, maar hul nek verhard; hulle het meer boosheid as hul vaders gedoen.

27. Jy moet al hierdie woorde vir hulle sê, maar hulle sal nie na jou luister nie en jy moet na hulle roep, maar hulle sal jou nie antwoord nie.

28. Jy moet vir hulle sê: ‘Hierdie is die nasie wat nie na die stem van יהוה, hulle God, geluister het of korreksie aanvaar het nie; waarheid het verdwyn en is van hulle mond af afgesny.

29. Sny af jou hare, gooi dit weg en neem ’n klaaglied op op die hoofpaaie, want יהוה is kwaad en het die geslag wat verbygaan verwerp,’

30. want die seuns van Y’hudah het gedoen wat verkeerd is in My oë,” verklaar יהוה. “Hulle het hul verwerplike dinge in die huis, wat volgens My Naam (Karakter en Outoriteit) genoem is, gesit om dit te verontreinig.

31. Hulle het altare by die Tofet gebou, wat in die vallei van die seun van (Ben)- Hinnom is, om hulle seuns en hulle dogters in die vuur te verbrand, wat Ek nie beveel het nie en wat nie in My gedagtes opgekom het nie;

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 7