Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 6:20-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

20. Met watter doel kom wierook na My toe uit Sh’va en die soet rottang uit ’n ver land? Julle brandoffers is nie aanvaarbaar nie en julle offers stel My nie tevrede nie’.”

21. יהוה sê daarom: “Let op, Ek lê struikelblokke voor hierdie volk en hulle sal daaroor struikel, vaders en seuns saam; die buurman en sy vriend sal doodgaan.”

22. So sê יהוה: “Let op, daar kom ’n volk uit die noordelike land en ’n groot nasie sal opgewek word uit die verste dele van die aarde.

23. Hulle gryp boog en lans; hulle is wreed en het geen omgee nie; hulle stem dreun soos die see en hulle ry op perde, gewapend soos ’n man vir die oorlog teen jou, o dogter van Tziyon!”

24. Ons het die verslag daarvan gehoor; ons hande is slap. Angs het ons aangegryp, pyn soos van ’n vrou wat geboorte gee.

25. Moenie in die veld uitgaan nie en moenie op die pad loop nie, want die vyand het ’n swaard; verskrikking is aan elke kant!

26. “Dogter van my volk, trek rouklere aan en rol in die as; rou soos oor ’n absoluut enigste kind, ’n bitter rouklag, want skielik sal die verwoester oor ons kom.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 6