Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 50:31-41 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

31. “Let op, Ek is teen jou, o arrogante een,” verklaar יהוה, God van die leërmagte, “want jou dag het gekom, die tyd wat Ek jou sal straf.

32. Die arrogante een sal struikel en val, met niemand om hom op te tel nie en Ek sal sy stede aan die brand steek en dit sal sy hele omgewing verteer.”

33. So sê יהוה-Tzva’ot: “Die seuns van Yisra’el en die seuns van Y’hudah is onderdruk en almal wat hulle gevange geneem het, hou hulle vas, hulle het geweier om hulle te laat gaan.”

34. Hulle Loskoper is sterk, יהוה-Tzva’ot is Sy Naam; Hy sal hulle saak kragtig verdedig sodat Hy rus aan die aarde sal gee, maar onrus aan die inwoners van Bavel.

35. “’n Swaard teen die Kasdeërs,” verklaar יהוה “en teen die inwoners van Bavel en teen haar amptenare en teen haar wyse manne!

36. ’n Swaard teen die priesters van geestesopenbaring en hulle sal dwase word! ’n Swaard teen haar magtige manne en hulle sal verbrysel word!

37. ’n Swaard teen haar perde en haar strydwaens en teen al die vreemdelinge wat in haar midde is en hulle sal lafaards word! ’n Swaard teen haar skatte en hulle sal geplunder word!

38. ’n Droogte oor haar waters en hulle sal opgedroog word, want dit is ’n land van afgode en hulle is gek oor vreesaanjaende afgode;

39. daarom sal daar woestyngediertes bly saam met jakkalse; daar sal ook volstruise in bly en dit sal nooit weer bewoon of in oorgebly word nie, van geslag tot geslag,

40. soos toe God S’dom en `Amorra met hulle bure omvergewerp het,” verklaar יהוה, “geen mens sal daar leef nie en geen seun van ’n mens daarin bly nie.Yir 51:11

41. Let op, ’n volk kom uit die noorde en ’n groot nasie en magtige konings sal opgewek word uit die afgeleë dele van die aarde.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 50