Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 50:29-34 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

29. Roep baie op teen Bavel, almal wat die boog buig; slaan laer op aan elke kant teen haar, laat daar geen ontvlugting wees nie! Vergeld haar volgens haar werke, volgens alles wat sy gedoen het, doen dit ook aan haar, want sy het arrogant geraak teen יהוה, teen die Afgesonderde Een van Yisra’el;

30. daarom sal haar jongmanne in haar strate val en al haar krygsmanne sal in dié dag stil gemaak word,” verklaar יהוה.

31. “Let op, Ek is teen jou, o arrogante een,” verklaar יהוה, God van die leërmagte, “want jou dag het gekom, die tyd wat Ek jou sal straf.

32. Die arrogante een sal struikel en val, met niemand om hom op te tel nie en Ek sal sy stede aan die brand steek en dit sal sy hele omgewing verteer.”

33. So sê יהוה-Tzva’ot: “Die seuns van Yisra’el en die seuns van Y’hudah is onderdruk en almal wat hulle gevange geneem het, hou hulle vas, hulle het geweier om hulle te laat gaan.”

34. Hulle Loskoper is sterk, יהוה-Tzva’ot is Sy Naam; Hy sal hulle saak kragtig verdedig sodat Hy rus aan die aarde sal gee, maar onrus aan die inwoners van Bavel.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 50