Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 50:22-32 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

22. Die geraas van oorlog en ’n groot vernietiging is in die land.

23. Hoe is die hamer van die hele aarde afgesny en gebreek! Hoe het Bavel ’n voorwerp van verskrikking onder die nasies geword!

24. Ek het vir jou ’n strik gespan en jy is ook gevang, o Bavel, sonder dat jy daarvan bewus was; jy is gevind en ook gegryp omdat jy in stryd was teen יהוה.

25. יהוה het sy arsenaal oopgemaak en die wapens van Sy verontwaardiging uitgebring, want dit is ’n werk van יהוה, God van die leërmagte, in die land van die Kasdeërs.

26. Kom na haar vanaf die verste grens; maak oop haar skure, stapel haar op soos hope en vernietig haar volkome! Laat niks vir haar oorbly nie.

27. Maak al haar jong stiere met die swaard dood; laat hulle afgaan na die slagting! Wee hulle, want hulle dag het gekom, die tyd van hulle straf.

28. Daar is ’n klank van voortvlugtendes en vlugtelinge vanaf die land van Bavel, om in Tziyon die wraak van יהוה, ons God, te verklaar, wraak vir Sy tempel.

29. Roep baie op teen Bavel, almal wat die boog buig; slaan laer op aan elke kant teen haar, laat daar geen ontvlugting wees nie! Vergeld haar volgens haar werke, volgens alles wat sy gedoen het, doen dit ook aan haar, want sy het arrogant geraak teen יהוה, teen die Afgesonderde Een van Yisra’el;

30. daarom sal haar jongmanne in haar strate val en al haar krygsmanne sal in dié dag stil gemaak word,” verklaar יהוה.

31. “Let op, Ek is teen jou, o arrogante een,” verklaar יהוה, God van die leërmagte, “want jou dag het gekom, die tyd wat Ek jou sal straf.

32. Die arrogante een sal struikel en val, met niemand om hom op te tel nie en Ek sal sy stede aan die brand steek en dit sal sy hele omgewing verteer.”

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 50