Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 50:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die woord wat יהוה gepraat het aangaande Bavel, die land van die Kasdeërs, deur Yirmeyahu, die profeet:

2. “Verklaar en verkondig onder die nasies, verkondig dit en lig ’n banier op. Moet dit nie wegsteek nie, maar sê: ‘Bavel is ingeneem, Bel is tot skande gemaak, M’rodakh is stukkend, haar beelde staan beskaamd, haar afgode is stukkend,’

3. want ’n nasie het teen haar aangekom van die noorde af; dit sal haar land ’n voorwerp van verskrikking maak en daar sal geen inwoner in wees nie; beide mens en dier het weggeloop, hulle het weggegaan!

4. In daardie dae en in daardie tyd,” verklaar יהוה, “sal die seuns van Yisra’el kom, hulle en ook die seuns van Y’hudah; hulle sal al huilende gaan en dit sal יהוה, hulle God, wees waarna hulle sal soek.Yir 31

5. Hulle sal vir die pad na Tziyon vra met hulle gesigte daarheen gedraai; hulle sal kom sodat hulle hul aan יהוה kan verbind in ’n ewige verbond wat nie vergeet sal word nie.Mal 2

6. My volk het verlore skape geword; hulle herders het hulle laat dwaal, hulle laat wegdraai op die berge; hulle het gegaan van berg na heuwel en hulle het hul rusplek vergeet.

7. Almal wat op hulle afgekom het, het hulle verteer en hulle teëstanders het gesê: ‘Ons is nie skuldig nie, aangesien hulle gesondig het teen יהוה, die Woning van Onpartydige opregtheid, יהוה die Aktiewe Verwagting van hulle vaders.’

8. Vlug vanuit die middel van Bavel en gaan uit die land van die Kasdeërs uit; wees soos bokramme aan die hoof van die trop,Dan 5:22

9. want let op, Ek gaan ’n menigte van groot nasies uit die land van die noorde opwek en teen Bavel bring en hulle sal hul gevegslyn opstel teen haar; daarvandaan sal sy gevange geneem word; hulle pyle sal wees soos dié van ’n deskundige soldaat wat nie met leë hande terugkom nie.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 50