Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 48:9-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. “Gee vlerke vir Mo’av, want sy sal wegvlieg en haar stede sal ’n verlatenheid word, sonder inwoners in hulle.

10. Vervloek is die een wat יהוה se werk nalatig doen en vervloek is die een wat sy swaard terughou van bloed!

11. Mo’av was gemaklik van sy jeug af en was ook onversteurd op sy afsaksel en is nie leeggemaak van vat na vat nie en ook is hy nooit in ballingskap weg nie; daarom behou hy sy smaak en sy geur het nie verander nie;

12. daarom, let op, daar kom dae,” verklaar יהוה, “dat Ek die wat aftap na hom toe sal stuur en hulle sal hom aftap en sy vate leegmaak en sy kruike stukkend slaan.

13. Mo’av sal skaam wees vir K’mosh, soos die huis van Yisra’el skaam was vir Beit-El, waarop hulle vertrou het.

14. Hoe kan julle sê: ‘Ons is magtige soldate en manne dapper om te veg?’

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 48