Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 48:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Aangaande Mo’av: so sê יהוה-Tzva’ot, die God van Yisra’el: “Wee N’vo, want dit is vernietig; Kiryatayim is tot skaamte gemaak, dit is ingeneem; die verhewe vesting is tot skaamte gemaak en in stukkies.

2. Daar is geen lofprysing meer vir Mo’av nie; in Heshbon het hulle katastrofe teen haar beplan: ‘Kom laat ons haar afsny sodat sy geen nasie meer is nie.’ Ook jy, Madmein, sal stil gemaak word, die swaard sal jou agtervolg.

3. Die geklank van ’n uitroep uit Horonayim: ‘Vernietiging en groot verwoesting!’

4. Mo’av is verbreek; haar kleintjies het hulle laat hoor,

5. want by die opdraand na Lugit sal hulle opgaan met aanhoudende gehuil, want by die afgaan van Horonayim het hulle die angskrete van vernietiging gehoor.

6. Vlug, red julle lewe dat jy kan wees soos ’n jenewerstruik in die wildernis,

7. want as gevolg van jou vertroue in jou eie prestasies en skatte, sal ook jy ingeneem word en K’mosh sal uitgaan in ballingskap met sy priesters en sy prinse.

8. ’n Verwoester sal kom na elke stad sodat geen stad sal vry raak nie en die vallei sal ook verwoes word en die plato sal vernietig word,” soos יהוה gesê het.

9. “Gee vlerke vir Mo’av, want sy sal wegvlieg en haar stede sal ’n verlatenheid word, sonder inwoners in hulle.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 48