Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 46:12-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Die nasies het van jou skande gehoor en die aarde is vol van jou uitroepe, want een soldaat het gestruikel oor ’n ander en hulle het altwee saam geval.”

13. Die boodskap wat יהוה vir Yirmeyahu, die profeet, gegee het aangaande die koms van N’vukhadnetzar, koning van Bavel, om die land van Mitzrayim te vernietig:

14. “Verklaar in Mitzrayim en verkondig in Migdol; verkondig ook in Memfis (Nof) en in Tagpanges. Sê: ‘Neem jou stand en kry jouself reg, want die swaard het die wat rondom jou is verslind.’

15. Hoekom is jou magtiges plat op die grond? Hulle staan nie omdat יהוה hulle neergegooi het.

16. Hulle het aanhoudend gestruikel, inderdaad, hulle het een teen die ander geval. Toe het hulle gesê: ‘Staan op en laat ons teruggaan na ons eie mense en na ons geboorteland, weg van die swaard van die onderdrukker.’

17. Hulle het daar uitgeroep: ‘Farao, koning van Mitzrayim, is net ’n groot geraas; hy het die aangestelde tyd laat verbygaan!’

18. So waar as wat Ek leef,” verklaar die Koning, Wie se Naam (Karakter en Outoriteit) יהוה-Tzva’ot is, “daar sal sekerlik een kom wat soos Tavor onder die berge is en soos Karmel by die see.

19. Maak jou bagasie gereed vir ballingskap, o dogter wat in Mitzrayim bly, want Memfis (Nof) sal ’n verlatenheid word; dit sal selfs afgebrand word en ontneem wees van inwoners.

20. Mitzrayim is ’n pragtige vers; ’n steekvlieg kom egter vanaf die noorde; dit kom!

21. Ook haar huurtroepe in haar midde is soos vetgemaakte kalwers, want selfs hulle het ook omgedraai en saam gevlug; hulle het nie vas bly staan nie, want die dag van hulle katastrofe het oor hulle gekom, die tyd van hulle straf.

22. Sy geluid het voortbeweeg soos die van ’n slang, want hulle het aanbeweeg soos ’n leërmag en kom na hom toe as houtkappers met byle.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 46