Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 42:4-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Toe het Yirmeyahu, die profeet, hulle geantwoord: “Ek het julle gehoor. Let op, ek sal tot יהוה, julle God, bid volgens julle woorde en ek sal יהוה se volledige boodskap aan julle bekend maak; ek sal nie ’n woord van julle terughou nie.”

5. Toe antwoord hulle vir Yirmeyahu: “Mag יהוה ’n waar en geloofwaardige getuie teen ons wees as ons nie handel volgens die hele boodskap waarmee יהוה, u God, u na ons toe sal stuur nie.

6. Of dit aangenaam of onaangenaam is, ons sal luister na die stem van יהוה, ons God, na Wie toe ons u stuur sodat dit met ons goed mag gaan wanneer ons luister na die stem van יהוה, ons God.”

7. Aan die einde van tien dae het die woord van יהוה tot Yirmeyahu gekom.

8. Hy het toe vir Yoganan, die seun van Kareag en al die bevelvoerders van die leërs wat by hom was en al die mense, klein en groot, laat roep

9. en vir hulle gesê: “So sê יהוה, die God van Yisra’el, na Wie julle my gestuur het om julle versoek voor Hom te bring:

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 42