Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 42:17-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. Al die manne wat gedagtes gerig het om na Mitzrayim te gaan om daar te bly, sal deur die swaard, die hongersnood en die pes sterf en daar sal vir hulle niemand wees wat oorleef of ontvlug van die katastrofe wat Ek oor hulle sal bring nie,”’”

18. want so sê יהוה-Tzva’ot, die God van Yisra’el: “Soos My woede en My toorn uitgestort is oor die inwoners van Yerushalayim, so sal My toorn oor julle uitgestort word as julle Mitzrayim binnegaan en julle sal ’n vloek word, ’n voorwerp van verskrikking, van verwensing en van smaad en julle sal hierdie plek nie weer sien nie.”

19. יהוה het met julle, wat oorbly van Y’hudah, gepraat: “Moenie na Mitzrayim gaan nie!” Julle moet duidelik verstaan dat ek vandag teen julle getuig het,

20. want julle het julleself mislei, want dit is júlle wat my na יהוה, julle God, gestuur en gesê het: “Bid tot יהוה, ons God, vir ons en wat ook al יהוה, ons God, sê, vertel dit vir ons en ons sal dit doen.”

21. So het ek dit vandag vir julle vertel, maar julle het יהוה, julle God, nie gehoorsaam, volgens wat Hy my ook al gestuur het om aan julle te vertel, nie;

22. daarom moet julle nou duidelik verstaan dat julle deur die swaard, die hongersnood en die pes sal sterf in die plek waar julle verkies om te gaan bly.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 42