Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 42:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het al die bevelvoerders van die leërs nader gekom: Yoganan, die seun van Kareag, Y’zanyah, die seun van Hosha’yah en al die mense, klein en groot

2. en vir Yirmeyahu, die profeet, gesê: “Laat asseblief ons versoek voor u kom en bid tot יהוה, u God, vir ons, dit is, vir almal wat oorgebly het, want ons is maar ’n klein klompie oor uit baie, soos u eie oë ons nou sien,

3. dat יהוה, u God, ons mag vertel watter pad ons moet volg en wat ons moet doen.”

4. Toe het Yirmeyahu, die profeet, hulle geantwoord: “Ek het julle gehoor. Let op, ek sal tot יהוה, julle God, bid volgens julle woorde en ek sal יהוה se volledige boodskap aan julle bekend maak; ek sal nie ’n woord van julle terughou nie.”

5. Toe antwoord hulle vir Yirmeyahu: “Mag יהוה ’n waar en geloofwaardige getuie teen ons wees as ons nie handel volgens die hele boodskap waarmee יהוה, u God, u na ons toe sal stuur nie.

6. Of dit aangenaam of onaangenaam is, ons sal luister na die stem van יהוה, ons God, na Wie toe ons u stuur sodat dit met ons goed mag gaan wanneer ons luister na die stem van יהוה, ons God.”

7. Aan die einde van tien dae het die woord van יהוה tot Yirmeyahu gekom.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 42