Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 38:25-28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

25. maar as die amptenare hoor dat ek met jou gepraat het en by jou kom en vir jou sê: ‘Vertel ons nou wat jy vir die koning gesê het; moet dit nie vir ons wegsteek nie en ons sal jou nie doodmaak nie,’

26. dan moet jy hulle antwoord: ‘Ek het my versoek voor die koning gebring dat hy my nie moet laat terugbring in die huis van Y’honatan, om daar te sterf nie.’”

27. Toe het al die amptenare by Yirmeyahu gekom en hom uitgevra en hy het aan hulle gerapporteer volgens al hierdie woorde wat die koning hom beveel het en hulle het opgehou om met hom te praat, aangesien die gesprek nie gehoor is nie.

28. Yirmeyahu het in die hof van die waghuis gebly tot op die dag dat Yerushalayim ingeneem is.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 38