Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 37:9-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. So sê יהוה: ‘Moenie julleself bedrieg deur te sê: “Die Kasdeërs sal sekerlik van ons af weggaan nie,” want hulle sal nie gaan nie,

10. want al sou julle die hele leër van die Kasdeërs wat teen julle veg, verslaan en daar onder hulle net gewondes oorbly, elkeen in sy tent, sal hulle opstaan en hierdie stad met vuur verbrand.’”

11. Dit het gebeur toe die leër van die Kasdeërs van Yerushalayim af weggetrek het as gevolg van die leër van Farao,

12. dat Yirmeyahu uit Yerushalayim uitgegaan het om na die land van Binyamin te gaan, om daar besit te gaan neem van eiendom tussen die mense.

13. Terwyl hy by die Binyaminspoort was, was daar ’n kaptein van die wag met die naam van Yir’iyah, die seun van Shelemyahu, die seun van Hananyah en hy het Yirmeyahu, die profeet, gearresteer en gesê: “Jy gaan oor na die Kasdeërs!”

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 37