Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 37:15-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. Toe was die amptenare baie kwaad vir Yirmeyahu en het hom geslaan en hom in die tronk gesit in die huis van Y’honatan, die skrywer, wat hulle as tronk ingerig het,

16. want Yirmeyahu is in die kerker, dit is die put opening, laat afsak en Yirmeyahu het baie dae daar gebly.

17. Koning Tzidkiyahu het gestuur en hom laat haal en die koning het hom in sy paleis in die geheim gevra en gesê: “Is daar ’n woord vanaf יהוה?” Yirmeyahu antwoord: “Daar is!” Toe sê hy: “U sal in die hand van die koning van Bavel oorgelewer word.”

18. Verder het Yirmeyahu vir koning Tzidkiyahu gesê: “Wat het ek teen u of teen u diensknegte of teen hierdie volk gesondig sodat julle my in die tronk gesit het?

19. Waar is julle profete dan wat vir julle geprofeteer en gesê het: ‘Die koning van Bavel sal nie teen julle of teen hierdie land kom nie’?

20. Luister egter asseblief nou, my meester die koning; laat asseblief my versoek aanvaarbaar wees voor u en laat my nie teruggaan na die huis van Y’honatan, die skrywer, dat ek daar mag sterf nie.”

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 37