Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 33:20-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

20. “So sê יהוה: ‘As julle My instellings vir die dag en My instellings vir die nag kan verbreek sodat dag en nag nie op sy vasgestelde tyd sal wees nie,Heb 10:21

21. dan sal My verbond ook met Dawid, My dienskneg, verbreek kan word sodat daar vir hom geen seun sal wees wat regeer op sy troon nie en My verbond met die Leviete, My bedienaars, verbreek kan word.

22. Soos die leërskare van die hemel nie getel en die sand van die see nie gemeet kan word nie, so sal Ek die nageslag van My kneg Dawid en die Leviete wat My bedien, vermenigvuldig.’”

23. Die woord van יהוה het tot Yirmeyahu gekom en gesê:

24. “Het jy nie opgemerk wat hierdie volk praat as hulle sê: ‘Die twee families wat יהוה gekies het, dié het Hy verwerp,’ nie? So verag hulle My volk, hulle is geen nasie meer in hulle oë nie.”

25. So sê יהוה: “As My verbond met dag en nag nie staan nie en die vaste patrone van hemel en aarde, nie vasgestel is nie,

26. dan sal Ek die nageslag van Ya’akov en van My dienskneg Dawid verwerp sodat Ek nie uit sy nageslag heersers sal vat oor die nageslag van Avraham, Yitz’gak en Ya’akov nie, maar Ek sal hulle welvaart herstel en My oor hulle ontferm.’”

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 33