Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 33:16-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. In daardie dae sal Y’hudah gered word en Yerushalayim in veiligheid bly en dit sal die naam wees wat dit genoem word: יהוה is ons onpartydige opregtheid [יהוה-Tzidkenu],Ps 89:3,4; Open 22:16

17. want so sê יהוה: “Daar sal nooit vir Dawid ’n man ontbreek om te sit op die troon van die huis van Yisra’el nieHeb 7:25

18. en daar sal vir die Leviete en priesters nooit ’n man ontbreek voor My Teenwoordigheid om altyddeur brandoffers te bring en graanoffers aan die brand te steek en om voortdurend offers voor te berei nie.’”

19. Die woord van יהוה het tot Yirmeyahu gekom en gesê:

20. “So sê יהוה: ‘As julle My instellings vir die dag en My instellings vir die nag kan verbreek sodat dag en nag nie op sy vasgestelde tyd sal wees nie,Heb 10:21

21. dan sal My verbond ook met Dawid, My dienskneg, verbreek kan word sodat daar vir hom geen seun sal wees wat regeer op sy troon nie en My verbond met die Leviete, My bedienaars, verbreek kan word.

22. Soos die leërskare van die hemel nie getel en die sand van die see nie gemeet kan word nie, so sal Ek die nageslag van My kneg Dawid en die Leviete wat My bedien, vermenigvuldig.’”

23. Die woord van יהוה het tot Yirmeyahu gekom en gesê:

24. “Het jy nie opgemerk wat hierdie volk praat as hulle sê: ‘Die twee families wat יהוה gekies het, dié het Hy verwerp,’ nie? So verag hulle My volk, hulle is geen nasie meer in hulle oë nie.”

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 33