Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 33:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het die woord van יהוה vir die tweede keer tot Yirmeyahu gekom terwyl hy nog opgesluit was in die hof van die wagte en gesê:

2. “So sê יהוה wat jou gemaak het, wat jou gevorm het en jou gevestig het, יהוה is Sy Naam (Karakter en Outoriteit):

3. ‘Roep na My en Ek sal jou antwoord en aan jou groot en magtige dinge vertel, wat jy nie weet nie,’

4. want so sê יהוה, die God van Yisra’el, met betrekking tot die huise van hierdie stad en die huise van die konings van Y’hudah wat die rowers ontwortel het deur die swaard:

5. hulle kom om te veg teen die Kasdeërs, maar dit is om die strate te vul met die lyke van mense wat Ek neergeslaan het in My woede en in My toorn, want Ek het My gesig van hierdie stad af weggedraai as gevolg van al hulle boosheid:

6. “Let op, Ek sal gesondheid en genesing bring en hulle genees en Ek sal vir hulle ’n oorvloed vrede en waarheid openbaar.

7. Ek sal die welstand van Y’hudah en die welstand van Yisra’el herstel en hulle herbou soos hul aan die begin was.

8. Ek sal hulle reinig van al hulle oortredinge waarmee hulle teen My gesondig het en Ek sal al hulle oortredinge vryspreek waarmee hulle teen My gesondig en teen My oortree het.

9. Dit sal vir My ’n naam van vreugde, lofprysing, eer en aanbidding wees voor al die nasies van die aarde wat sal hoor van al die goeie wat Ek vir hulle doen en hulle sal respekvol vrees en bewe as gevolg van al die goeie en al die vrede wat Ek vir hulle bring.’

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 33