Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 32:22-29 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

22. en aan hulle hierdie land gegee wat U hul vaders met ’n eed beloof het om vir hulle te gee, ’n land wat vloei met melk en heuning.

23. Hulle het gekom en dit in besit geneem, maar nie U stem gehoorsaam of in U wet geloop nie; hulle het absoluut niks gedoen wat U hulle beveel het om te doen nie; daarom het U al hierdie katastrofes oor hulle laat kom.

24. Let op, die beleëringswalle het gekom tot by die stad, om dit in te neem en die stad is oorgegee in die hand van die Kasdeërs wat daarteen veg, vanweë die swaard, die hongersnood en die pes en wat U gesê het, het gebeur en let op, U sien dit!

25. U, יהוה-God, het vir my gesê: “Koop vir jouself die stuk grond met geld en roep getuies in,” alhoewel die stad in die hand van die Kasdeërs gegee is!’”

26. Toe het die woord van יהוה tot Yirmeyahu gekom en gesê:

27. “Let op, Ek is יהוה, die God van alle vlees; is enige iets te moeilik vir My?”

28. יהוה sê daarom: “Let op, Ek is op die punt om hierdie stad oor te gee in die hand van die Kasdeërs en in die hand van N’vukhadnetzar, koning van Bavel en hy sal dit inneem.

29. Die Kasdeërs wat teen hierdie stad veg, sal inkom en hierdie stad aan die brand steek en dit verbrand, saam met dié huise waar daar op die dakke aan Ba’al wierook geoffer is en vir ander gode drankoffers uitgegiet is om My te tart tot woede.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 32