Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 32:15-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. want so sê יהוה-Tzva’ot, die God van Yisra’el: “Huise, lande en wingerde sal weer in hierdie land gekoop word.’”

16. Nadat ek die koopbrief aan Barukh, die seun van Neriyah, gegee het, het ek tot יהוה gebid en gesê:

17. Ag, יהוה-God, let op, U het die hemel en die aarde gemaak deur U groot krag en deur U uitgestrekte arm! Niks is vir U te moeilik nie,

18. U wat liefdevolle goedheid wys aan duisende, maar die oortredinge van die vaders terugbetaal in die skoot van hulle kinders ná hulle; o, groot en magtige God, יהוהTzva’ot is Sy Naam (Karakter en Outoriteit);

19. groot van raad en magtig in daad, Wie se oë oop is vir al die lewenswyses van die seuns van die mens, om aan elkeen te gee volgens sy lewenswyse en volgens die vrug van sy dade;

20. wat tekens en wonders gedoen het in Mitzrayim en tot vandag toe in beide Yisra’el en onder die mense en vir U ’n Naam gemaak het soos dit vandag is.

21. U het U volk Yisra’el uit die land van Mitzrayim gebring met tekens en met wonders en met ’n sterke hand en ’n uitgestrekte arm en met groot verskrikking

22. en aan hulle hierdie land gegee wat U hul vaders met ’n eed beloof het om vir hulle te gee, ’n land wat vloei met melk en heuning.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 32