Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 31:6-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. want die dag sal kom wanneer die wagters op die heuwels van Efrayim uitroep: ‘Staan op en laat ons opgaan na Tziyon, na יהוה, ons God,’”

7. want so sê יהוה: “Sing hardop uit vreugde vir Ya’akov en roep uit oor die hoofde van die nasies; verkondig dit, sing lofprysing en sê: ‘O יהוה, red U volk, wat oorgebly het van Yisra’el.’

8. Let op, Ek bring hulle vanuit die noordelike land en Ek sal hulle bymekaar maak vanaf die afgeleë dele van die aarde; tussen hulle die blindes, die lammes, die vroue wat swanger is en die wat in kraam is, almal saam; as ’n groot vergadering sal hulle hierheen terugkom.

9. Hulle sal met gehuil en met smekinge kom. Ek sal hulle lei; Ek sal hulle op paaie met water laat loop, op ’n gelyk pad waarop hulle nie sal struikel nie, want Ek is ’n Vader vir Yisra’el en Efrayim is My eersgeborene.”

10. Luister en hoor die woord van יהוה, o nasies en verkondig in die kuslande wat ver is en sê: “Hy wat Yisra’el verstrooi het, sal hom bymekaarmaak en hom bewaak soos ’n herder sy kudde bewaak,”

11. want יהוה het Ya’akov losgekoop en hom bevry uit die hand van hom wat sterker was as hy.

12. Hulle sal kom en uitroep van vreugde op die hoogte van Tziyon en stralend wees oor die buit van יהוה, oor die graan en die nuwe wyn en die olie en oor die jong skape en beeste en hulle lewe sal soos ’n natgemaakte tuin wees en hulle sal nooit weer wegkwyn nie.

13. Dan sal die maagd haar verheug in die dans en die jongmanne en die oues saam, want Ek sal hulle rou in vreugde verander en hulle troos en vir hulle blydskap gee vir hulle smart.

14. Ek sal die lewe van die priesters vol maak met oorvloed en My volk sal versadig wees met My goedheid,” verklaar יהוה.Mat 2:17,18

15. So sê יהוה: “’n Stem word gehoor in Ramah, ’n gekerm en bitter gehuil; Ragel huil oor haar kinders; sy weier om getroos te word oor haar kinders, want hulle is nie meer nie.”

16. So sê יהוה: “Bedwing jou stem van huil en jou oë van trane, want jou werk sal beloon word,” verklaar יהוה; “hulle sal terugkom uit die land van die vyand.

17. Daar is versekerde verwagting vir jou toekoms,” verklaar יהוה; “en die seuns sal terugkom na hulle eie grondgebied.

18. Ek het sekerlik vir Efrayim hoor kla: ‘U het my getugtig en ek is getugtig soos ’n ongeleerde kalf. Laat my terugkom sodat ek herstel kan word, want U is יהוה, my God,

19. want nadat ek teruggedraai het, het ek berou en erken en nadat ek geleer is, het ek op my heup geslaan; ek was beskaamd en ook vernederd omdat ek die smaad van my jeug gedra het.’

20. Is Efrayim My dierbare seun? Is hy ’n genotvolle kind? Inderdaad, so dikwels as wat Ek teen hom gepraat het, onthou Ek hom steeds; daarom verlang My binneste na hom; Ek sal My sekerlik oor hom ontferm,” verklaar יהוה.

21. Rig vir jouself padtekens op, sit vir jouself padwysers neer; rig jou gedagtes op die hoofpad, die pad waarop jy gegaan het. Kom terug, o maagd van Yisra’el, kom terug na hierdie, jou stede!

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 31