Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 31:26-33 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

26. Hiermee het ek wakker geword en opgelet, my slaap was vir my aangenaam.

27. “Let op, daar kom dae,” verklaar יהוה, “wanneer Ek die huis van Yisra’el en die huis van Y’hudah sal besaai met die saad van mense en van diere.

28. Soos Ek oor hulle gewaak het om uit te ruk, af te breek en om te gooi, te vernietig en skade aan te doen, so sal Ek oor hulle waak om te bou en te plant,” verklaar יהוה.

29. “In daardie dae sal hulle nie meer sê: ‘Die vaders het suur druiwe geëet en die tande van die seuns het stomp geword,’ nie,Yeg 18:4

30. maar elkeen sal vir sy eie oortredinge sterf; elke mens wat die suur druiwe eet, sy tande sal stomp word.Mat 26:28; 1 Kor 11:24,25; 2 Kor 3:6; Heb 8:8-12

31. Let op, daar kom dae,” verklaar יהוה, “wanneer Ek met die huis van Yisra’el en die huis van Y’hudah ’n nuwe verbond sal sluit,

32. nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle aan die hand gevat het om hulle uit die land van Mitzrayim uit te bring nie; My verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék Meester oor hulle was,” verklaar יהוה.Yeg 37:23; Open 21:3

33. Hierdie is egter die verbond wat Ek ná daardie dae met die huis van Yisra’el sal sluit,” verklaar יהוה: “Ek sal My wet binne-in hulle sit en dit op hulle verstand, wil en emosie skryf en Ek sal hulle God wees en hulle sal My volk wees.1 Yog 2:27 “want Ek sal hulle oortredinge vergewe en hulle sondes nie meer onthou nie.”

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 31