Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 31:22-35 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

22. Hoe lank sal jy heen en weer gaan, o trouelose dogter? Want יהוה het iets nuuts op die aarde geskep: die vrou sal haar man liefhê.”

23. So sê יהוה-Tzva’ot, die God van Yisra’el: “Weereens sal hulle hierdie woord sê in die land van Y’hudah en in sy stede, wanneer Ek hulle welvaart verander: ‘יהוה seën jou, o blyplek van onpartydige opregtheid, o afgesonderde heuwel!’

24. Y’hudah en al sy stede sal saam daarin bly, die landbouers en die wat met troppe rondgaan,

25. want Ek versadig die vermoeide een en verfris elkeen wat wegkwyn.”

26. Hiermee het ek wakker geword en opgelet, my slaap was vir my aangenaam.

27. “Let op, daar kom dae,” verklaar יהוה, “wanneer Ek die huis van Yisra’el en die huis van Y’hudah sal besaai met die saad van mense en van diere.

28. Soos Ek oor hulle gewaak het om uit te ruk, af te breek en om te gooi, te vernietig en skade aan te doen, so sal Ek oor hulle waak om te bou en te plant,” verklaar יהוה.

29. “In daardie dae sal hulle nie meer sê: ‘Die vaders het suur druiwe geëet en die tande van die seuns het stomp geword,’ nie,Yeg 18:4

30. maar elkeen sal vir sy eie oortredinge sterf; elke mens wat die suur druiwe eet, sy tande sal stomp word.Mat 26:28; 1 Kor 11:24,25; 2 Kor 3:6; Heb 8:8-12

31. Let op, daar kom dae,” verklaar יהוה, “wanneer Ek met die huis van Yisra’el en die huis van Y’hudah ’n nuwe verbond sal sluit,

32. nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle aan die hand gevat het om hulle uit die land van Mitzrayim uit te bring nie; My verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék Meester oor hulle was,” verklaar יהוה.Yeg 37:23; Open 21:3

33. Hierdie is egter die verbond wat Ek ná daardie dae met die huis van Yisra’el sal sluit,” verklaar יהוה: “Ek sal My wet binne-in hulle sit en dit op hulle verstand, wil en emosie skryf en Ek sal hulle God wees en hulle sal My volk wees.1 Yog 2:27 “want Ek sal hulle oortredinge vergewe en hulle sondes nie meer onthou nie.”

34. Hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: ‘Ken יהוה,’ want hulle sal My almal ken, van die kleinste tot die grootste van hulle,” verklaar יהוה,Gen 8:22 wat die see in beroering bring sodat sy golwe dreun; יהוה-Tzva’ot is Sy Naam (Karakter en Outoriteit):

35. So sê יהוה wat die son gee vir lig bedags en die vaste orde van die maan en van die sterre vir lig in die nag;

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 31